Desmond Tutu: ‘Alles sal oukei wees’

October 8, 2011 § Leave a comment


Koos Oosthuizen en Antjie Krog – “Praise poem” vir Desmond Tutu

Hy lag en huil ewe maklik en skroom nie om enigiemand oor die vingers te tik as hy dink dis nodig nie. Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het ook ewige hoop vir Suid-Afrika

We are the rainbow people and we make the difference

Dís die woorde op die lapbehangsel teen die sitkamermuur van die Vredestigting in Milnerton, Kaapstad, waar emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu en sy span hul werk vir wêreldvrede voortsit. In allerhande kleure reik die hande daarop na mekaar uit.

Presies só kan ’n mens die Arch se werk opsom: Hy laat mense oral hande vat. Hy het immers in 1984 die Nobelprys vir Vrede ontvang. En as hoof van die Waarheids-en-versoeningskommissie moes hy help om ’n brug óór apartheid te bou na ’n nuwe, vergewensgesinde SA. Hy moes na aangrypende en skokkende verhale luister. Van dag een af kon hy die trane nie keer nie, vertel hy self.

Oral in die sitkamer pryk trofeë vir sy humanitêre werk. Selfs die Internasionale Gay en Lesbiese Menseregtekommissie het hom vanjaar bekroon vir sy “uitgesprokenheid oor gay-regte”. Die Desmond Tutu-HIV-Sentrum help HIV- en vigslyers en as voorsitter van die Global Council of Elders, bestaande uit internasionale leiersfigure en vorige Nobelpryswenners, beywer hy hom vir die oplos van wêreldkrisisse.

Dié man se hart is gróót. En hy draai nie doekies om nie, al trap hy op wié se tone. Daarom is hy al “die gewete van die volk” genoem. Roz Zander, ’n Amerikaanse motiveringspreker wat SA vanjaar besoek het, vertel hoe sy saam met die biskop straataf is om te gaan ontbyt eet. Byna niemand het hom herken nie. “Want wie verwag nou ’n wêreldfiguur in ’n kabeltrui op straat?” Toe twee tienermeisies agterkom wie die man in die trui is en agter hul hande giggel, het hy nader gestap, hul gesigte een-een tussen sy hande geneem en elkeen op die voorkop gesoen.“’n Gebaar wat hul lewens sal verander,” reken Roz.

Op die kop elfuur word ’n trollie met tee en Marie-beskuitjies by die Vredestigting se sitkamer ingestoot. “Dis ’n instelling. Die Arch voel dis belangrik dat almal wat hier werk soggens saam tee drink,” vertel sy assistent, Lavinia Browne. Die sitkamer word stadigaan voller en ook die vrou wat pas die mat gestofsuig het, sluit by ons aan.

Hoe voel dit om saam met so ’n groot gees te werk? Dan Vaughan, kantoorbestuurder, sê die Arch is menslik, “and he definitely practises what he preaches”. Mthunzi Gxashe, die biskop se skoonseun, wat saam met hom werk, sê met vonkelende oë: “Vir jou is hy dalk famous. Vir my is hy maar net ’n gewone mens.”

Dan kom biskop Tutu (77) self die vertrek binne. Hy’s nie veel langer as 1,6 m nie. Maar sy teenwoordigheid vul die hele kamer. Hy dra ’n swart hemp en broek en die groot silwer kruis om sy nek, ’n geskenk van ’n non, verklap hy is ’n man van God. Later, toe hy die klein silwer kruisie met kristalle om my nek sien, sê hy laggend: “Joune is mooier as myne.” Hy groet gulhartig op Afrikaans. Die tee word aangegee en hy vertel van sy onlangse besoek aan die kinderafdeling van die Tygerberghospitaal, waarvan hy beskermheer is. “Dis ongelooflik om te hoor van die operasies wat dokters daar op vroeggebore babas doen. Weet julle hoe klein is hul bloedvatjies?” Ons is klaar tee gedrink. “Nou toe kom, Ousie, laat ons gaan praat,” sê hy glimlaggend en lei my aan die arm by sy reuse kantoor in. Ek trek dadelik weg met die vrae – ons het min tyd in sy besige dag. Maar die Arch lig sy hand. “Let us first pray . . . ” En toe die onderhoud klaar is, groet hy met ’n drukkie.

Wat was tot dusver die hoogtepunt in jou lewe?
Die geboorte van my seun, Trevor (deesdae ’n entrepreneur in Johannesburg). Hy’s die eerste van vier kinders. Ek en my vrou, Leah, het by my ouers naby Krugersdorp gewoon. Leah is in die hospitaal opgeneem en ek wou bel om te hoor hoe dit gaan. Daar was in die hele township nie ’n telefoon nie, net die plaaslike verpleegsterstehuis het een gehad. Ek hardloop toe die myl soontoe en bel. My seun is toe pas gebore! Ek was so opgewonde, ek het al die pad terug huis toe gehardloop om vir my ouers te sê ek het pa geword!

Julle het ook drie dogters. Wat doen hulle nou?
Thandeka Teresa het onlangs van Amerika teruggekom om haar in Suid-Afrika te hervestig. Sy’s by primêre gesondheidsorg betrokke. Naomi Nontombi (wat die Tutu-Stigting vir Ontwikkeling en Noodleniging in SA begin het) is ’n openbare spreker en konsultant in Amerika. Eerwaarde Mpho Andrea is ’n priester in die Episkopaalse Kerk in Amerika en die uitvoerende direkteur van die Tutu-Stigting vir Gebed en Pelgrimstogte.

Hoe moet ouers hul kinders se suksesse en mislukkings hanteer?
As ons kinders ons teleurstel, praat ons met hulle en probeer hulle laat verstaan dat ons hulle liefhet, ongeag wat. Kinders is méér as net hul suksesse en mislukkings. Maar ons vier hul suksesse en troos hulle wanneer hulle misluk.

Hoe is dit om oupa te wees?
Dis fantasties! Ek het sewe kleinkinders.

Hoe behou ons geloof in ’n deurmekaar wêreld?
Dis God se wêreld en dit maak nie saak hoe sleg dinge raak nie, alles sal uiteindelik oukei wees. Intussen word ons gekonfronteer met uitdagings. Omdat ek ’n Christen is, glo ek niks kan so hopeloos wees soos die situasie op Goeie Vrydag nie. Toe is ’n Goeie Persoon aan ’n kruis gespyker. Daarna was daar die triomf, die opstanding. Die goeie het oor die bose geseëvier. Soos dit altyd sal.

Al ooit deur God teleurgestel?
Ek het nog nooit my geloof verloor nie, maar ek was al baie kwaad vir Hom. Daar was tye dat ek gevra het: God, waar is U? Veral wanneer ek die hulpelose slagoffers van apartheid gesien het. Dit was ’n donker tyd, maar tog het ons bly glo geregtigheid sal triomfeer. En dit het . . . ’n Mens moet altyd onthou geloof is nie individueel nie. Ons behoort aan ’n liggaam, ’n kerk, en daar is ander wat voortdurend vir ons bid. Daarby het ons altyd probeer om ons sin vir humor te behou.

Jou hartlike lag is kenmerkend . . .
Ja, ek het geleer om myself nooit te ernstig op te neem nie. Selfs toe ek destyds begrafnisse moes lei waar honderde mense weens geweld gesterf het, het ek stories vertel om ander te laat lag. En hulle hét.

Jy skroom nie om te kritiseer as jy dink dis nodig nie, of dit nou Mugabe of Mbeki of Zuma is. Hoekom is dit belangrik om te praat?
Ek lewer nie kritiek om klippe te gooi of nasty te wees nie. Ek sê wat ek dink omdat ek dié mense wil help verander om só ons land ’n beter plek te maak.

Wat is die belangrikste boodskap in jou jongste boek, God has a dream?
Dat ons almal familie is; broers en susters. En jy sal tog nie steel van jou suster, of jou broer doodmaak nie. As ons dít eers besef, kan ons aangaan. Ek het die boek geskryf omdat ons almal tye van hartseer en wanhoop deurmaak. Soms verloor ons moed en dink ons die swaarkry in ons lewens en ons wêreld gaan nie ophou nie.

Is jy altyd heilig of soms ook stout?
Ek is, soos almal, ’n sondaar. Ek probeer om ’n heilige te word.

Enige slegte gewoontes?
Mmm . . . Ja! Ek is geneig om jaloers te raak op enigiemand wat aangeprys word en aandag kry!

Wat was die grootste openbaring tydens die Waarheids-en-versoeningskommissie?
Dat die mens wesenlik goed is. Ons het aaklige dinge gehoor en dit ís so dat ons almal in staat is om boos te wees. Maar ons het ook ’n ongelooflike vermoë om selfs die aakligste gebeure te vergewe. Dit was fantasties om te besef.

Hoe belangrik is vergifnis in ons lewens?
Ek kan nie dink hoe ons daarsonder kan oorleef nie! Ons kan mekaar so seer maak. Neem die huwelik as voorbeeld. As ons mekaar nie vergewe het nie, was die egskeidingsyfer nóg hoër.

Julle is al 53 jaar getroud. Wat is die suksesresep?
’n Mens moet besef wie die baas is . . . Sý is! Nee, ons moet mekaar net nooit as vanselfsprekend aanvaar nie. Waardeer mekaar. En sê ook so.

Watter rol speel Leah?
Ek skryf alles wat ek is aan haar ondersteuning toe.

Watter soort mens is sy?
Sy is radikaal en ek is konserwatief. Sy het ’n wil van haar eie, maar is tegelykertyd baie ondersteunend.

Was jy ooit die skottelgoed?
Ja, wanneer ek en Leah alleen tuis is. Sy kan nie lank staan nie, sy sukkel bietjie met haar rug. Andersins gebruik ons die skottelgoedwasser. Ek neem ook vir haar soggens tee in die bed.

’n Boodskap aan diegene wat dink ons land is op pad na ’n tweede Zimbabwe?
Moenie net terugsit nie. Dit is jóú land. Doen iets! Verhoed self dat ons nog ’n Zimbabwe word. Neem ons vryheid as voorbeeld. Dit het beslis nie vanself gekom nie. Ons siviele gemeenskap was aktief. Jy moet net sê: Nee, dit is genoeg!

Waar het dinge in hierdie land dan so verkeerd geloop?
Onthou, ons vryheid is net 14 jaar oud. Natuurlik sal daar uitdagings wees. Selfs lande wat lankal vryheid het, worstel met vraagstukke. Wat tel, is hoe ons elke uitdaging aanpak en uitvoer.

Is daar hoop vir die jeug?
Ek is glad nie bekommerd oor ons jongmense nie. Hulle is fantasties en die toekoms van ons land lê in hul hande. Wanneer dinge wel verkeerd gaan, soos wanneer ’n jongmens moor, is dit ons volwassenes wat hulle op die verkeerde pad gelei het.

Jy het al vir Oprah ontmoet. Watter soort mens is sy?
Sy is aangenaam, warmhartig en sy gee regtig om. Maar sy’s ook baie, baie ryk!

Die filmster Richard Gere het glo kom kuier?
Ja! Ek neem hom toe na die kantoor hier oorkant waar baie vroue werk. Hulle het soos tieners te kere gegaan, gegil en ge-oe en ge-a. Ek kon dit nie glo nie!

Jy reis baie en het al by tye oorsee gewoon. Benewens SA, van watter land hou jy die meeste?
Noorweë, omdat hulle ons in 1984 (toe hy die Nobelprys ontvang het) baie spesiaal laat voel het. Dis ook my gunsteling-land om in vakansie te hou.

Watter bederf kies jy wanneer daar ’n vrye tydjie is?
Ek slaap, eet rum-en-rosyntjie-roomys en lees.

Jy inspireer so baie mense, wie inspireer jou?
Trevor Huddleston, die anti-apartheidsaktivis, het ’n sterk invloed op my geestelike ontwikkeling gehad. Hy het beslis geglo dat almal na God se beeld geskape is. Hy was passievol oor regverdigheid en het omgegee vir minderbevoorregtes. As kind het ek op ’n dag saam met my ma in die straat in Sophiatown gestaan toe dié wit man in priestersklere verbyloop. Hy het sy hoed vir haar gelig. Ek kon my oë nie glo nie. Hier was ’n wit man wat ’n swart werkersklas-vrou groet! Ek het my seun na hom genoem. My ma, Aletta, is dié ikoon na wie ek opgesien het. Sy was nie besonder geleerd nie, sy was ’n skoonmaker en kok by ’n skool, maar sy was ’n ongelooflike vrou, ’n saggeaarde omgee-mens. Sy het byvoorbeeld altyd meer kos gemaak as wat nodig is, ‘vir ingeval iemand wat honger is’ opdaag. Ek strewe daarna om soos sy te wees.

Hoe gaan dit nou met die gesondheid?
Die kanker is terug en ek kry behandeling. Maar ek is orraait. God is goed.

Wat moet eendag op jou grafsteen staan?
‘Hy’t liefgehad, hy’t gelag en hy’t gehuil.’ Ons weerkaats God se liefde. Ek lag maklik, maar ek huil net so maklik. Ek is baie sensitief . . .

’n Sin om jouself te beskryf?
He loved to be loved.

Sou jy sê SA het al ’n lang pad gekom?
Absoluut! Kyk maar net na ons rugby. As Bryan Habana ’n doel aanteken, hardloop al die spelers na hom toe. En is dit nie wonderlik as die hele skare vir Tendai Mtawarira op sy bynaam noem nie? Beast, beast, beast dreunsing almal gelyk. Dan’s daar nie so ’n ding soos ras nie.

Jy het hard gewerk sodat almal in ons land kan stem, maar nou sê jy jy gaan nie stem nie. Moet Suid-Afrikaners wel in die komende verkiesing gaan stem?
Ja, gaan. Almal moet net mooi dink hoe hulle daardie stem gaan uitbring.

bron: http://www.sarie.com/bekendes/ons-praat-met/alles-sal-okei-wees

Bekyk ook ‘n video oor die Mormoonse Tabernakelkoor, Gordon B. Hinckley, Martin Luther King, Mahatma Gandhi, Desmond Tutu en Aung San Suu Kyimet: click here for the video with the Mormon Tabernacle Choir and Desmond Tutu.

Advertisements

Mormoonse Bevrydingsteologie

August 2, 2011 § Leave a comment

Bevrydingsteologie is ‘n Christelike beweging in die politieke teologie wat die leringe van Jesus Christus in terme van’ n bevryding van onregverdige ekonomiese, politieke of sosiale omstandighede interpreteer. Dit is beskryf deur die voorstanders die “‘n interpretasie van die Christelike geloof deur middel van die armes se lyding, hul stryd en hoop, en’ n kritiek van die gemeenskap en die Katolieke geloof en die Christendom deur die oë van die armes”, en deur die teenstanders as verchristelikte Marxisme.

Alhoewel bevrydingsteologie het gegroei tot ‘n internasionale en inter-denominasionele beweging, het dit begin as’ n beweging binne die Rooms-Katolieke kerk in Latyns-Amerika in die 1950-1960’s. Bevrydingsteologie ontstaan ​​hoofsaaklik as ‘n morele reaksie op die armoede wat veroorsaak word deur sosiale onreg in die streek. Die term was geskep in 1971 deur die Peruaanse priester Gustavo Gutierrez, wat een van die beweging se mees bekende boeke, ‘n teologie van bevryding het geskryf. Ander opgemerk eksponente Leonardo Boff van Brasilië, Jon Sobrino van El Salvador, en Juan Luis Segundo van Uruguay.

Die invloed van die bevrydingsteologie verminder na voorstanders was beskuldig van die gebruik van “Marxistiese begrippe” wat lei tot die vermaning deur die Vatikaan se Gemeente van die Doktrine van die Geloof (CDF) in 1984 en 1986. Die Vatikaan sekere stamme van bevrydingsteologie gekritiseer vir die fokus op geïnstitusionaliseerde of sistemiese sonde, blykbaar tot die uitsluiting van individuele oortreders / oortredings, en omdat hy na bewering misidentifying van die Rooms-Katolieke Kerk hiërargie in Suid-Amerika as lede van dieselfde bevoorregte klas wat lank onderdruk inheemse bevolkings was sedert die aankoms van Pizarro verdere. (Wikipedia, die vrye Ensiklopedie)

Lees ook (in Engels): “bevrydingsteologie in die Boek van Mormon” deur Dennis R. Potter.

Esperanto en vryheid in Afrika

July 4, 2011 § Leave a comment

Die musiek groep Konga Espero sing: “Libera !”

Esperanto is ‘n taal wat geskep is om kommunikasie tussen mense van verskillende taalgroepe te bevorder. Vir meer as 100 jaar bewys Esperantosprekers hoe kommunikasie taal- en landsgrense kan oorbrug. Vandag is daar ‘n lewendige internasionale Esperantogemeenskap wat oor meer as 100 lande strek. Klik hier vir meer inligting oor Esperanto. Daar is selfs ‘n mormoonse webwerf in Esperanto.

Die musiek groep “Konga Espero” van Kongo sing in die internasionale taal Esperanto, oor die uiniversal verlange van vryheid. Vind meer uit oor hulle musiek op die internet webwerf van Vinilkosmo.

Mormone en Boere: Pelgrims

June 1, 2011 § Leave a comment

Amanda Strydom: Pelgrimsgebed

Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae (Engels: The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints) is die grootste Mormoonse kerk en die vyfde grootste geloofsgemeenskap in die Verenigde State wat byna twee persent van die Amerikaanse bevolking en ook die meerderheid in die deelstaat Utah verteenwoordig.

Saam met ander geloofsgemeenskappe soos die liberale Community of Christ en kleiner splintergroepe wat naas die Bybel ook die Boek van Mormon as ‘n heilige skrif aanvaar word na hierdie denominasie ook as Mormone of Mormoonse Kerk verwys.

Die kerk is deur Joseph Smith jun. op 6 April 1830 in Fayette in die VSA-deelstaat New York amptelik gestig. As gevolg van die Mormone se groot trek na die weste in die 19de eeu het die kerk sy hoofkwartier tans in Salt Lake City, die administratiewe hoofstad van Utah. Volgens die kerk se eie statistieke is daar tans sowat 13 miljoen lede in meer as 160 lande en gebiede wêreldwyd, waarvan 5,5 miljoen in die VSA.

Lede van die kerk, wat na hulself as “Heiliges van die Laaste Dae” verwys, beskou hul geloof as ‘n deur God geïnspireerde herstigting van die oorspronklike kerk wat volgens die Christelike tradisie deur Jesus van Nasaret (“Jesus Christus”) gestig is. Die kerk staan volgens sy eie leerstellings nie in die Katolieke, Ortodokse of Protestantse tradisie nie en gebruik naas die Bybel ander religieuse geskrifte soos die Boek van Mormon.

Die geloofsoortuigings van ander Christene word gerespekteer, en naas die samewerking met ander Christelike gemeenskappe op humanitêre gebied spreek Mormone hulle ten gunste van religieuse verdraagsaamheid uit en maak finansiële bydraes tot die oprigting van kerke en tempels van ander religieuse gemeenskappe soos die Gereformeerde Joodse sinagoge in Salt Lake City en die Hindoeïstiese tempel in Spanish Fork (Utah).

Liberale Mormoonse Spiritualiteit

May 1, 2011 § Leave a comment

“Jy vir My” (You are Mine) is an emotional song in Afrikaans by Dutch singer Stef Bos, who moved to South Africa years ago from The Netherlands. As much as he loves the Afrikaner language and its people, he is nevertheless critical of her troublesome past. The words “South Africa” in the chorus may easily be replaced by the word “Mormonism” by liberal Mormons, thus expressing both their appreciation for, as well at times frustration with, their beloved faith tradition. Of course, Afrikaners (Boers) and Mormons have many things in common: exclusive religion was the determining factor for both groups, both were persecuted and found themselves forced to begin epic journeys with ox-wagons to find freedom and self determination at the cost of much human suffering.  Both Boers and Mormons also found religious justification for the exclusion of blacks, something that will require a proces of truth and reconcilliation for years to come.

You are Mine

You have showed me the way, you’ve made me whole
You have let me come home, you’ve touched my heart

And wherever I am or go, I carry you with me
You made me sing again, you gave me a voice

I will not always take your side, but I will follow you till the end
Even though our passion made fade, our love wil remain strong

chorus:
Because to me, you’re not your past, your sentiment and ox-wagons
To me, you’re only the future, you’re mine, South Africa

I came here as a stranger, a long time ago
You talked to me, I learned to understand you

I know your dark side, I know how you can be
so symphathetic, but also so withdrawn, cold as the West Coast waters

 But you’ve always welcomed me back, waited with open arms
You were the way out from the dark, day light after night

chorus

So take off your grey mantle of cold pride and self-blame
Because the place were innocence was lost, is also the place were love was born

chorus


WAT IS LIBERALE MORMOONSE SPIRITUALITEIT?

Vertrou in die Gees, wat lei om goed te doen.
Leer en Verbonde 11:12

Het jy gevoel dat die Gees jou lewe raak deur middel van die Mormonisme, maar vind jy dit moeilik om sekere HLD eise te aanvaar as letterlik of getuienisse waarheid? Het jy bekommerd dat te veel klem op gehoorsaamheid, gesag, kerkprogramme en beleid, of suiwerheid van die leer kan oorskadu beginsels van deernis, diens, vooruitgang, vrye wil, persoonlike openbaring, of sosiale geregtigheid? As dit so is, dan kan jy miskien hê ‘n sogenaamde “liberale” godsdienstige uitkyk.

Ons hemelse Vader is meer liberaal in Sy uitsig
en los in Sy barmhartigheid en seëninge,
as ons bereid is om te glo of te ontvang.
Joseph Smith *

Etikette soos “konserwatief” en “liberaal” is problematies: hulle betekenis is relatief, en hulle word dikwels gebruik as negatief. Egter, hierdie webwerf bevorder ‘n self-bewus liberale spiritualiteit gegrond op Mormoonse tradisie. Die webwerf is nie oor politiek, teologie, kerkgeskiedenis, of kritiese studie van die Skrifte. In plaas daarvan, is die basiese vraag van die webwerf: Waar, in die Heiliges van die Laaste Dae tradisie, is die Gees by die werk? Met ander woorde: Hoe bevorder HLD leerstellings en praktyke geestelike groei en inspireer die ons om goed te doen?

Beyers Naudé, ‘n profeet in sy eie land

April 8, 2011 § Leave a comment

“die waarheid sal julle vry maak”! (Johannes 8:32)

Beyers Naude, ‘n profeet in sy eie land, het van die Waarheid getuig en gedemonstreer dat die Waarheid ‘n mens inderdaad vrymaak!

Beyers Naude, a prophet in his own country, has witnessed of the Truth and has demonstrated that it is indeed the Truth that sets people free!

Beyers Naude was a high-ranking and respected cleric within the South African Dutch Reformed Church, which church was preaching a religious justification for apartheid. Naude opposed, and as result of his actions, Naudé was put under enormous pressure by the Afrikaner political and church establishment and he thus subsequently quit both his church post and Johannesburg congregation.
During the three decades subsequent to his resignation, Naudé’s vocal support for racial reconciliation and equal rights led to upheavals in the Dutch Reformed Church as well as police surveillance of his private life. He became an underground supporter of the anti-apartheid resistance and helped to move its members in and out of the country.
Naudé was also the only Afrikaner member of the ANC delegation during the negotiations in the early 1990’s with the National Party government which led to the transition to democracy.

Beyers Naude, Ekumeniese Baanbreker

De regte man op die regte tyd in Suid-Afrika.
So het God dit gewil, beskikbaar om deur God gebruik te word.

The building of a post apartheid society in South Africa will demand courage and vision as Beyers Naude demonstrated.
The demands of the gospel of Jesus Christ and his obedience to God, was to Byers Naude more important than the accolades of men.

True Afrikaner, Courageous Hero

After completing his last sermon in which he placed “ the authority of God before the authority of man” he removed his robes and left his church. Naudé and his family were completely ostracized by their fellow Afrikaners. He told his wife, “Whatever happens, we will be together and God will be with us.” Naude was embraced by the Black community and joined a Dutch Reformed congregation led by Reverend Sam Guti in Alexandra.

In Memoriam: “Oom Bey”

Minority groups feel uncertain and too many people are still asking: who is a true South African or what do you have to look like or speak like to be a true South African. Oom Bey’s life makes it absolutely clear that: he, or she, who is white-skinned and Afrikaans speaking is as much South African, and as complete a South African as he, or she, who is dark skinned and speaks Sepedi.

No person exists as a linear being and Oom Bey demonstrated in the most visible and profound manner that we exist as beings in a multiple of ways which allows us to be Afrikaans speaking, culturally an Afrikaner but equally each others keepers across cultural and ethnic lines. The one does not exclude the other.

Dearest Oom Bey, thank you for your life. Thank you for your humanity. We will remember you forever. Your cherished memory will always bring a smile on our faces, a lump in our throats and a tug on our collective conscience.

Die Mormoonse Tabernakelkoor: “Truth is Marching”

April 8, 2011 § 1 Comment

‘n video oor die Mormoonse Tabernakelkoor, Gordon B. Hinckley, Martin Luther King, Mahatma Gandhi, Desmond Tutu en Aung San Suu Kyimet.

As Latter-day Saints, we come from a heritage of people who had “a vision of a different world, a world where injustice and oppression, poverty and ignorance would be dispelled and a world where men and women would be brothers and sisters” (Alexander B. Morrison, in Church News [14 Oct. 1995]: 4). We have been urged by Church leaders to work towards making that vision a reality in today’s world by being “full participants in political, governmental, and community affairs,” “using gospel principles as a guide and…cooperating with other like-minded individuals” (First Presidency letter, 15 Jan. 1998, in Ensign [Apr. 1998]: 77).

LDS scripture and prophetic teaching speak out strongly for social justice: for peace, equality, democracy, human rights, and wise stewardship of the earth’s resources. Latter-day Saints are enjoined to “plead the cause of the poor and the needy” (D&C 124:75) and to work towards a society in which “there [are] no poor among [us]” (Moses 7:18). We are challenged to “renounce war and proclaim peace” (D&C 98:16). The Book of Mormon teaches that “there should be an equality among all” (Mosiah 27:3) and calls us to stand against racism, gender inequity, and injustice on the principle that “black and white, bond and free, male and female;…all are alike unto God” (2 Nephi 26:33). The scriptures commend democracy, constitutional law, and human rights (Mosiah 29:26; D&C 98:5; D&C 101:77), while speaking harshly against inequity, exploitation, oppression, and violence (2 Nephi 20:1-2; 3 Nephi 24:5; D&C 38:26; Moses 8:28). Scripture teaches us that we are stewards of the earth and its resources, which should be used “with judgment, not to excess” (D&C 59:20).

As Latter-day Saints, we seek the guidance of the Spirit and look to the teachings of Church leaders in our efforts to achieve equality and social justice in our communities and the world at large.